BLOG

wedding photographers, wedding photography Wynand van der Merwe wedding photographers, wedding photography Wynand van der Merwe

George en Charlene | Wedding | Galagos Country Estate

Wow, wat ‘n wonderlike en spesiale dag! Dit was ‘n fees om George en Charlene se troue vas te vang!

George en Charlene | Wedding | Galagos Country Estate

Love is a song that never ends. Bambi (Disney)

Hier is my eerste afrikaanse blog. eeek.

George en Charlene het ‘n baie spesiale troudag gehad by Galagos Country Estate. Ek het onlangs hulle verlowingsfotos geneem en ek het sommer geweet dat dit ‘n fees gaan wees om hulle troue vas te vang, maar ek was definitief nie voorberei toe George vir Charlene sien en hy toe ‘n paar traantjies pik nie! Blykbaar huil hy nie…

Hierdie is definitef ‘n eerste vir my. Elna, Charlene se ma, het my op dieselfde tyd bespreek vir haar dogter (Charlene) EN haar seun (Rohan) se troue…en hulle trou ongeveer 5 weke uitmekaar (2Nov).

Rohan en Neruschke het dit nie beplan nie, maar hulle troue val op die Rugby Wêreldbeker finaal, waar SA teen Engeland speel! Dit is ‘n bietjie bittersoet vir my, want ek kan nie wag vir die troue nie, maar ek gaan nie kan kyk nie want ek gaan werk en fotos neem.

Galagos het die mooiste woud en as die son laat middag deur die bome skyn maak dit regtig die mooiste lig!

Ek was ook vriendelik verbaas toe ek op die dag sien ‘n vriendin Ciszeldi van Cloe en Co doen die makeup! Haar makeup is baie mooi en ek het al menigmale saam met haar gewerk!

Ek dink hierdie is genoeg woorde, kom ons laat die fotos die res van die praatwerk doen!

Verskaffers op die dag:

Grimmering: Cloe and Co | Hare: SkinPHD Zambezi | Rok: Bridal Manor | Juwele: Swarovski | Blomme en Dekor: Purple Bell | Venue en kos: Galagos Country Estate (Koordineerder: Leandre)

Koek: Baker Boys | Printwerk: The Allora Collection | DJ: Eugene (Galagos)

Hier is die fotos. Los asb ‘n boodskap aan die einde…’n klien bietjie liefde gaan nogals vêr!

(Click on the image to enlarge)

Read More
wedding photographers, wedding photography Wynand van der Merwe wedding photographers, wedding photography Wynand van der Merwe

Teaser! George en Charlene | Wedding | Galagos Country Estate

Wow, wat ‘n wonderlike en spesiale dag! Dit was ‘n fees om George en Charlene se troue vas te vang!

Teaser! George en Charlene | Wedding | Galagos Country Estate

Love is a song that never ends. Bambi (Disney)

Hier is my eerste afrikaans blog. eeek.

Wow, gister was ‘n baie besonderse mooi en spesiale dag vir George en Charlene. Ek het onlangs hulle verlowingsfotos geneem en ek het sommer geweet dat dit ‘n fees gaan wees om hulle troue vas te vang, maar ek was definitief nie voorberei toe George vir Charlene sien en hy toe ‘n paar traantjies pik nie! Blykbaar huil hy nie…

Hierdie is slegs die voorsmakie, so geniet die terugblyk en hou my webblad en Facebook dop vir nog fotos in die volgende paar weke.

Los asb ‘n boodskap aan die einde…’n kline bietjie liefde gaan nogals vêr!